Hoekom juis ‘n blog?

Die Here het van die begin van die jaar op my hart gedruk dat ons meer ons stories met mekaar moet deel. Nie die perfekte Facebook-fake-smile-selfie stories nie, maar die regte, no-sugarcoating, sê-dit-soos-dit-is stories.

Ek het geweet ek wil Lisa se storie met julle deel, want dis ‘n storie van verwarring, van liefde, van skok, van pyn, van hartseer, van lag, van opgewondenheid, van afwagting, van geloof en van wonderwerke. Ek was net nie seker hoe om dit te deel nie…en toe DIE BLOG!

Ek het eers besluit om haar storie in ‘n boek te skryf…maar toe kom ek agter dat haar storie eintlik een lang lewensverhaal gaan wees. So toe skryf ek, sommer net soos ek tyd het. En ek post wanneer ek ‘n kansie kry.

Op die manier, kan die wat wil, dit lees en ook dele wat julle wil onthou, share en weer lees. Dit is ook vir my iets wat ek self wil onthou en dus is dit ‘n baie persoonlike reis waarop ek julle vat. Kom lag saam oor die snaakse dinge, kom huil oor die rowwes en kom geniet Lisa se storie. xxx

(Die hele storie begin onder….by nommer een)

1 thoughts on “Hoekom juis ‘n blog?

  1. Hi.
    ‘n Vriendin het my vertel van jou blog. Ek sit toe en lees jou ervarings. Ek wens ek kon by jou sit en gesels, want so baie van die goed wat jy geskryf het, het ek ervaar.
    My seuntjie, Josef, is op 26 weke gebore. Hy word more 5. Daar gaan so baie goed deur my kop. Elke jaar is ek opnuut dankbaar vir my liewe seuntjie. God se genade is groot.
    Ek dink aan jou. Julle het klaar diep in my hart gekruip. Baie sterkte. Lisa / Lisatjie is al klaar ‘n held in baie mense se oë.
    Liefde ‘n prem-mamma
    Petro Nel

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar