118. Hugo, Bel die Polisie!

downloadDaar is 3 mense in my lewe wat tans swanger is. Die een met haar eerste baba. Sy kom sit gereeld langs my by die werk en dan wil sy net ‘n drukkie hê of net haar kop op my skouer kom sit. Sy kom vra elke nou en dan of iets wat sy voel “normaal” is en soms soek sy na raad. Wat my die meeste pla is nie dat sy kla oor haar rug of haar seer lyf nie. Ook nie dat sy moeg is en oorweldig voel deur al die emosies waardeur sy gaan nie. Waaroor sy die meeste kla is ma’s. Jip..MAMMAS!

Gister lees ek dié post op ‘n baie groot en populêre mamma groep op Facebook: “Ek is tans swanger met my eerste kind. Ek wil graag weet watter blikmelk is die beste en wat is die verskil tussen verskillende blikke. Help asb.” Ek het gelag en vir my man gesê “watch this space, shame”, want ek kon sommer sien wat kom: “BORS is die beste…vermy alle blikmelk; Similac is die beste; Nee, nooit, Similac het my kind laat opgooi, gebruik liewer nan; Wat !? Nan? Nee…dit bevat te veel…” Die arme ma het ‘n doodnormale vraag gevra en 79 replies later, het sy haar post verwyder. Die “Help, asb” wat sy aan die einde van haar post geskryf het, het toe nie so mooi uitgedraai nie. Shame…rookie error, is wat ek eerste gedink het. Maar toe dink ek weer en toe is ek sommer kwaad.

Mammas is soms aaklig. Ek noem dit die Ma-polisie of MALISIE. Die malisie wil altyd voorsê wat ons dink reg is. Hulle wil altyd beheer neem oor sitasies wat ons nie eens raak nie. Hulle wil altyd beter weet, beter doen, beter wees.

Mens sou dink dat omdat ons, as mammas, self soveel kritiek ervaar het (en steeds doen) oor watter besluit jy ook al neem, dat ons ‘n klein bietjie begrip sal hê vir ander mammas. Dat ons met deernis en op ‘n mooi manier met ons woorde te werk sal gaan. Dat ons moontlik sal probeer om aan ander te doen, wat ons nie aan onsself gedoen wil hê nie.

Maar nee. Ons judge. Die heeltyd. Alles wat ander mammas doen. Ek dink so gereeld: Wat doen daai vrou? Hoe kan sy dit toelaat? Wat eet haar kinders? As sy maar net weet wat kan gebeur as…” En so raak ek sonder om eers iets te sê deel van die Malisie.

Vandag daag ek myself uit en ek daag elke liewe een van julle uit. STOP DIT! Kom ons ondersteun mekaar. Kom ons gee raad uit verhoudings met mekaar en nie op sosiale platforms nie. Kom ons help ASB en val mekaar nie oor alles aan nie. Kom ons raak die Mammahood waarna ons almal strewe. Kom ons probeer om mekaar se besluite te verstaan … al stem ons nie saam of al is dit nie soos jy dit sou dit nie.  Hugo, bel die polisie. Kom haal die MALISIE!

download

3 thoughts on “118. Hugo, Bel die Polisie!

  1. Well said Charmé!!
    At the end of the day, all any mom wants and needs is a healthy, happy child. How that child came into this world (C-section or “normal” birth), is fed (bottle or breast, who cares!), clothed or anything else is of no concern of anyone else other than the parents. Support is what Moms need not condemnation!!

    Like

  2. Ek het hier by jou kom lees en ek stem heelhartig saam met jou. As ek so kyk na my groot kinders (21 en 14 jaar oud), dan lag ek sommer vir al die fieterjasie-rate wat so mildelik vir uitgedeel is toe hulle klein was. En tog het hulle mooi grootgeword, ten spyte daarvan dat ek so “alles verkeerd gedoen het”. My beste raad vir enige mamma is altyd: “Probeer en kyk wat werk vir jou – eendag is jou kind groot, dan mis jy hierdie tyd” Maar soos jy sê, sosiale media is ‘n lelike ding. Dis die laaste plek waar mens moet hulp vra. 🙂

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s