100. HONDERD

Vir die afgelope paar weke brand ek om te skryf. Soveel het gebeur wat my aangeraak het, kwaad gemaak het, inspireer het of wat sommer net snaaks was. Ek kon myself nie by skryf uitkry nie, want ek weet dat die volgende blogpost nommer 100 gaan wees. Dit voel asof my 100ste post miskien meer as net ‘n gewone ou staaltjie moet wees en so stel ek die skryf van hierdie mylpaal post uit en weer uit. Wel, genoeg is genoeg…hier is dit.

H-O-N-D-E-R-D! Wie sou kon dink toe ek drie jaar gelede begin skryf het, dat ek nou by nommer 100 sou uitkom. 100 is ‘n EEU. Dit is ook hoe oud Nelson Mandela gister sou wees. En snaaks ook hoe oud Vishoek, my tuisdorpie, die jaar is. Dit is asof 100 my volg, want nes ek vanoggend (weereens) dink waaroor ek vir my 100ste post kan skryf, tel ek ‘n R100 op. En bloot dit het my inspireer:

1. Nelson Mandela. ‘n Man wat kon lei deur sy voorbeeld. Iemand wat verhoudings hoër as mag, posisie of faam geag het. Iemand wat moeite gedoen het om mense te leer ken en wat werklik omgegee het. ‘n Inspirasie figuur wat soveel mooi in die land reggekry het en wat in vrede en vergifnis geglo het. En vandag wonder ek hoe cool dit sou wees as hy kon “blog” vanuit die hemel, want sjoe…ek sou uitsien na elke post wat hy sou skryf.

2. Vishoek. ‘n Klein vissersdorpie vol geskiedenis. Hippy valley soos baie die area noem. ‘n Plek waar mense nog belangrik is en nie net hulle besittings nie. Waar familie eerste kom en waar mens nog kaalvoet kan loop sonder om kommin te wees. ‘n Vakansiedorpie waar mense elke dag bly en werk. ‘n Mooi dorp met mooi mense.

3. R100. Ek het gister met my laaste geld waferkoekies en smarties gekoop, want dit was Lisa se bakkermanbeurt by die skool. En vanoggend wonder ek waarmee ek vanmiddag gaan kos koop. Ek kry weer die naweek geld, maar ek het nie nou geld om iets te koop om vanaand te eet nie. En net daar op die grond voor my met niemand in sig nie, lê die R100. Asof dit uit die hemel kom. Dankie Here.

Vandag is ek dankbaar vir 100. Want oral om ons is inspirasie. Soms groot en soms in die klein goedjies wat gebeur. Ek het nie oorspronklik die blog geskryf om te inspireer nie, maar bloot om Lisa se storie te vertel. Voor my oë het dit gegroei vanaf ‘n wurmpie en is nou die mooiste skoenlapper. Ek sien uit om te blog en die kleinste goedjies wil my laat skryf. En soos die skoenlapper verander, verander ek ook vandag die naam van my blog. Want Lisa28weekliefie was gepas toe ons begin het, maar deesdae skryf ek eintlik net my hart uit oor ma wees en vrou wees dat dit nie net meer Lisa se storie is nie. So van nou af bekend as TWEE KINDERS LATER.

cropped-1q1a5873-2.jpg

 

Advertisements

6 thoughts on “100. HONDERD

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s