81. Lisa dra pienk!

Ek was 15 toe ek GI Jane gekyk het en toe sy met haar een hand push ups doen met modder op haar wang, was sy my rolmodel. Ek het begin camo klere dra en het dit selfs oorweeg om my hare te skeer, maar my bakore het my daarteen laat besluit. Ek wou ook so sterk en ‘tough’ soos sy wees. Ek wou ook voel asof ek as ‘n gelyke gesien word in ons manlike wêreld. Die woord “feminis” het ek toe nie geken nie, maar GI Jane het met my hart gepraat.

Toe ek uitvind ek verwag ‘n dogtertjie was ek een van die handjie vol ma’s wat gehuil het omdat ek nie ‘n seuntjie verwag nie. Ek het net daar besluit dat hierdie dogtertjie in my maag nie ‘n pienk poppie gaan wees nie. Sy MAG nie! En so is Lisa toegelaat om slegs ‘n beperkte hoeveelheid pienk te dra. Ek is mal oor beheer en ek sal hierdie pienk-ding ook kan beheer. Of kan ek?

Die pienk het met elke geskenk en elke sak geërfde klere toegeneem en gister het ek finaal tou opgegooi. Lisa het in haar kamer gespeel en my skielik geroep. Ek het ingestap en daar lê sy op ‘n pienk geërfde bankie waarop haar teddies altyd lê in‘n pienk kortbroekie, ‘n pienk t-hempie, ‘n pienk rekkie in die hare en pienk skoene. Nie enige skoene nie…Pienk en geel CROCS…my PIENK dogtertjie!20170219_172443

Nes die rooskleurige pienk stadig oorweldigend raak en ek ‘n bloedrooi vlek teen die muur sien, lag sy vir my. Uit haar maag uit en met ‘n groot glimlag. My hart het gekrimp en ek het die pienk skeepseltjie in my arms gevat en haar omhels… my pienk croc-draende GELUKKIGE dogtertjie.

Ek het ‘n foto geneem en terwyl ek kosmaak, het ek teruggedink aan ‘n preek wat ek een Sondag op universiteit gehoor het. Dit was oor vroulikheid en die pastoor se vrou wat daaroor gepraat het, was ‘n ingenieur. Sy het so ‘n “manlike” werk gehad, maar het altyd rokkies gedra met haar lang hare los oor haar skouers. Die preek het my toe ook geraak, maar ek moes hier…13 jaar later deur my pienk dogtertjie daaraan herinner word.

Die boodskap het baie kortliks daarop neergekom dat God die vrou gemaak het vir ‘n spesifieke rol en dat daar ‘n plek is vir vroulike eienskappe (soos meegevoel en moederlikheid, ens) in ons samelewing. Sy het ons aangemoedig om vir ‘n maand lank elke dag iets vrouliks aan te trek om ons vroulikheid te vier. Dit het my ook herinner dat wat jy aantrek jou nie minder of meer van ‘n vrou maak nie. Dat jy ‘n sterk VROU kan wees in rok of in ‘n army broek.

Van vandag af dra ek weer elke dag iets vrouliks, want ek is trots op my vroulikheid en ek is trots om ‘n dogtertjie groot te maak…al is sy pienkmal. Miskien doen ek dit die keer vir selfs meer as ‘n maand.4090bc77a9f41de80e5c4c5554a6a35b.jpg

One thought on “81. Lisa dra pienk!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s