58. SIEK en sat vir siektes!

224d2ed6d4c884f9548ae1dc2be96277d1a552c72d6f668358c1373a580653c4

Ek het altyd geweet Lisa gaan siek word, maar ek het gebid en gehoop dat die siekgoggas vir so lank as moontlik weg sal bly. Aangesien haar immuunstelsel soveel laer is as gewone babatjies, was die hele SIEK-ding seker onvermybaar. Een van die groot redes hoekom ek so lank (al was dit glad nie maklik en lekker nie) geborsvoed het, was juis vir daardie rede…om haar immuunstelsel soveel as wat ek kan, kan aanhits.

Maar, soos dit seker maar moet werk, het Lisa (soos alle normale babatjies) siek geword. Dit is snaaks hoe mens optree as jou kind vir die eerste keer siek is. Mens voel skielik so dom en magteloos. Ek het al baie gehoor van ma’s wat net skielik in die middel van die nag wakker word met ‘n kind met ‘n koors van 40grade of hulle gooi op of hulle hoes heelaand.

Ons eerste siekwees was bietjie anders. Lisa het stelselmatig siek geword. Dit was nie oornag nie en dit was nie skielik nie. Sy het eers ‘n snotneusie gekry wat net so bietjie geloop het. Na ‘n paar dae het sy ‘n hoesie ontwikkel (seker van die snotterigheid). Na nog ‘n paar dae het sy met hoë koors begin. En toe een oggend word sy wakker met ‘n vreeslike veluitslag. En so, stadig maar seker, het hierdie bietjie siekerigheid verander in ‘n ernstige “O-hel-my-kind-is-nou-regtig-siek”-oomblik.

As werkende ma was dit vir my die ERGSTE ding ooit! Om ‘n siek kind wat skree en nie lekker is nie af te laai en te gaan werk was vir my veel erger as daardie eerste dag terug by die werk. Dit is al wanneer ek die HAAT om te werk.

3981239b8e15efa00a59b9d83795f07d

Die probleem met siek babas is daardie moeilike besluit: Wanneer gaan jy dokter toe? Volgens sekere artikels moet mens dadelik ER toe jaag as jou kind ‘n bietjie koors het. Vir sommiges moet jy weer wag tot die koors 2 of 3 dae aanhou. Maar tot vandag toe is daardie besluit nogsteeds vir my die moeilikste. Hou ek haar by die huis en sy gaan in skok of kry stuipaanvalle of sy hou op asemhaal of of of, sal ek myself nooit vergewe nie. Gaan ek elke keer hospitaal toe en kry later die omgerolde oë van die susters en pediaters wat saggies agter jou rug fluister en woorde soos “helikopter-ma” en “oorreageer” wat net-net hoorbaar is.

Ons het vinnig geleer hoe Lisa is wanneer sy siek is. Dit is ongelooflik hoe elke kind anders is. Party babas is dodelik siek wanneer hulle koors net bo 37.5 is. Ander het weer ‘n baie hoër vlak van toleransie. Lisa sal met ‘n koors van 39 grade rondhol in die huis en dans en grappies maak. Maar hier van 39.5 af begin haar koppie hang en haar ogies raak vaal. Dit is dan wat ons begin bekommerd raak. Want dis dan wat ons regtig weet: Lisa is nou siek. Lisa het ook nie “normale” simptome nie, so ons vind eers na bloedtoetse uit wat regtig met haar fout is.

20150622_143912

Ons het ook gou geleer dat die dokters baie meer tegemoedkomend is wanneer dit by prem babatjies kom. Ek was soveel keer by die hospitaal met haar en hulle het my nie een keer laat voel asof ek oorreageer of simpel is nie. Die dokters het my darem ook al teen die tyd op die naam gegroet en na twee maande in die hospitaal geweet dat ek nie sommer oorreageer nie. Die een dokter het eenmaal vir die suster gesê: “You have to understand…this is a mom that underreacts. So when she arrives here…you have to know that it is very very bad.” Dit was vreemd hoe mens sekere goed wat mense sê nooit vergeet nie. Ek onthou hoe ek vir ‘n tydjie gewonder het of ek dalk bietjie meer bekommerd moet wees as Lisa siek is. Miskien  moet ek net “react”…nie “under” of “over” nie… maar net gemiddeld. Maar hoe doen mens dit. Jy volg tog maar net jou hart en dit is moeilik om sulke veranderings te maak.

As kinders was ons nie sommer dokter toe nie. Jy het ook nie sommer net by die huis gebly as jy siek voel nie. Jy moes dit maar net vat en aangaan. En dit is iets wat ek op skool gehaat het, maar vandag heg ek baie waarde aan hierdie opbrengs. Ek was van vroeg af geleer dat mens nie sommer net ‘n ‘sussie’ moet wees nie, maar dat jy baie tawwer is as wat jy dink. En hiervoor is ek dankbaar. Maar met Lisa, moes ek leer om meer en meer dokters te vertrou en maar my tawwe-boere-trots te sluk en hospitaal toe te gaan.

Sy was teen die tyd wat sy 1 was, 4 keer erg siek. Elke keer iets anders, dubbeloorontsteking, sinusitis, griep, hand-voet-en-mond,  ens. Elke keer moes ons antibiotika kry. Antibiotika is glad nie my beste vriend nie, maar nadat jy alle moontlike krui/boere/homeopatiese raad gevolg het en nogsteeds met ‘n pap kind sit, was antibiotika maar daar. Elke keer het ons maar ‘n ander tipe antibiotika probeer sodat sy nie te veel skade lei nie.

En toe rondom haar eerste verjaarsdag was Lisa weer lelik siek. Siek-siek. Ek het haar ingevat en die dokters was baie bekommerd.  Sy het ‘n uitslag wat soos breinvliesontsteking lyk en hulle wou dadelik ‘n lumber puncture doen. My kop het in alle rigtings gehol en ek het sommer kliphard gebid. Die dokter het begin lag en toe maar net vir my ‘n drukkie gegee. 4 dokters se opinie later en ons is ingeboek vir obserwasie. Bloede is getrek en weggestuur en Lisa is op ‘n drip gesit.

Ek onthou hoe ek heeltyd gedink het dat dit presies ‘n jaar later was en hier sit ek weer. In dieselfde hospitaal. Ek hoop dat dit nie ernstig is nie, en ek hoop dat die net vir een aand is. Ek sien dieselfde gesigte en eet dieselfde kos en dit verbaas my hoeveel rou emosies ek nog aan die hospitaalgang en die masjiene se gebeep gekoppel het. En net daar huil ek, want skielik besef ek…ek is siek en sat vir siektes.

20150624_161137

48. Selfs ‘n celebrity kort dokters

wp6cdffc32_06

Ons was baie gelukkig om by 2 militêre hospitaal te wees, want hulle het iets genaamd HIGH RISK CLINIC. Dit gebeur een keer ‘n maand op ‘n Vrydag en dit is ‘n groep dokters uit verskillende spesialiteitsvelde wat saam na jou babatjie se ontwikkeling kyk. Dit sluit ‘n pediater, spraakterapeut, speelterapeut, arbeitsterapeut en fisioterapeut in…so al die fundi-peute!

Die hospitaal verwag dat alle babas wat deel van ‘n twee- of drieling is, asook alle prem babas vir hierdie ondersoek moet kom. Gewoonlik kom mens elke 3 of 6 maande vir ‘n ondersoek totdat die baba 2 jaar oud is. Op 2 is hulle veronderstel om heeltemal met hulle ouderdom se ontwikkeling op te gevang het. Tydens hierdie ondersoeke kan die dokters vroegtydig probleme optel en moontlike intervensies doen om te keer dat dit vererger.

Prem mylpale is heeltemal anders as gewone mylpale. Daar word gepraat van ‘Corrected vs Actual age’. Actual age verwys na haar regte ouderdom…soos van die dag wat sy gebore is. Corrected age word bepaal vanaf haar due date. Mylpale gaan tot op 2 volgens hulle Corrected age. Byvoorbeeld as ‘n baba op 6 maande moet sit…moet Lisa teen 9 maande kan sit. Dit was een van die moeilikste goed as ma, want mense verstaan nie altyd nie. En as ‘n ma wil jy so graag hê jou baba moet al haar mylpale behaal dat dit soms bietjie van ‘n obsessie raak.

images3G8BZ09H

Ons eerste High Risk was toe Lisa 3 maande oud was. Op 3 maande was Lisa maar nog redelik ‘n blob en het nog nie vreeslik verder ontwikkel nie. As ek daaraan dink moes sy eintlik eers op 3 maande gebore gewees het, so dis seker maar reg so. Ek was vreeslik senuweeagtig vir die ondersoek. Wat as hulle iets agterkom wat met haar verkeerd is? Wat as hulle sien sy is nie normaal nie? Wat as sy nie ontwikkel nie?

Voor jy na die kamertjie gaan waar hulle die ondersoek doen, word jou baba eers geweeg, gemeet en ook die omtrek van die kop word gemeet. Als het ok gelyk en ek het op die stoel in die gang voor die high risk kamertjie gewag. Die volgende oomblik het ‘n verpleegster in die gang af gekom. Sy het gevra of dit nou Lisa Kriel is. HUH?! het ek gedink…wie is jy? en hoe ken jy ons? Sy het my vertel dat ALMAL van hierdie wonderbabatjie weet en dat haar storie die hele hospitaal vol lê. ‘n Storie van hierdie groot wonderwerk en dat sy die eerste micro-prem baba was wat hulle al gehad het, wat geen probleme gehad het nie. ‘n Storie van hoop en ‘n storie van lewe. Ek het skielik ‘n bietjie regopper gesit en my skouers was terug, want hierdie mamma was so trots.

1897712_10154881814245179_9164969569286801913_n

Tydens die eerste ondersoek kon hulle nie veel sê nie, want op 3 maande moet babatjies nog nie kan rol of sit of staan nie. So hulle het meer gekyk na haar nekkie en die beweging van haar ogies. En alles het normaal gelyk. Die pediater het egter iets opgetel wat haar bekommer het. Die omtrek van haar kop het volgens hulle grafieke gewys dat haar kop veels te vining groei. Dit kan moontlik bloeding op die brein wees (iets wat algemeen by premies voorkom) of dit kon net wees dat die eerste omtrekmeeting (wat in Grootte Schuur gebeur het) verkeerd was. Die ding is dat prem babatjies maar gekenmerk word met hulle effens groter koppies en uitpeulerig ogies. Die pediater het ons dadelik vir ‘n brein scan gestuur net om liewer seker te maak.

10178044_10154782051455179_2437032516549483170_n

Ons was al voorheen vir so scan, maar die keer was ek meer senuweeagtig. Dit was asof ek tydens ons tyd in die hospitaal meer voorbereid was vir al hierdie toetse en goeters. En nou dat sy al vir ‘n maand by die huis is…moet alles mos net reg wees. So die scan was vir my nogal erg. Ek moes haar vashou terwyl hulle die scan op haar koppie doen. Weereens was daar niks fout nie en Lisa se brein lyk perfek…klein, maar perfek…soos sy. En die pediaters het dit afgeskryf as ‘n fout op die geboorte rekords. Om te dink dat iemand se verkeerde afmeting veroorsaak dat daar so gestres word en dat breinscans gedoen moet word.

Vir ons tweede High Risk afspraak op 6 maande was ek meer gereed. Ek het presies geweet hoe dinge werk en ek het geweet wat om te verwag. Lisa kon al omrol…albei kante toe en sit vir ‘n paar sekondes. So ek was opgewonde om te hoor wat die dokters te sê het. Terwyl ek weer buite die kamertjie wag, het daar nog ‘n vrou langs my kom sit en wag met haar tweeling wat op 38 weke gebore is. Die dogtertjie het ‘n vreeslike lelike vlek op haar gesig en die seuntjie het ‘n abses op sy kop. Hulle was 7 maande oud, maar kon nog nie sit of omrol nie. Ek was skielik onsagtlik dankbaar. ‘n Gevoel wat ek so baie ervaar het dat dit nou ‘n spesiale plekkie in my hart het…net langs liefde en hoop.

1513180_10155087981255179_7489384850272380912_nDie dokters was baie tevrede en haar koppie het selfs minder groot gelyk. Lisa het soos altyd ‘n vreeslike ‘show’ opgesit en omtrent ‘perform’. Sy aard mos maar bietjie na my en is mal oor aandag. Sy was so oulik dat die pediater gou ‘n paar ander dokters en verpleegsters gebel het. Haar woorde was: “Lisa Kriel is here…you must come see this!” en so het my Celebrity baba se aanhangers opgedaag. En ge-oooo en ge-aaaa oor hoe ongelooflik dit is dat sy ‘corrected’ mylpale op haar ‘actual’ ouderdom haal. Hulle het foto’s gevat van haar en saam met haar…en Lisa se FANBASE het van toe af net gegroei. As sy maar net weet…hierdie mamma is haar grootste FAN!

20. Die groot skuif

10419594_10154990117845179_1259651435154314177_nOns was altesaam vir 3 weke in Grootte Schuur. Alhoewel my persoonlike ervaring in die kraamsaal nie te wonderlik was nie, was die NICU absoluut uitstekend. Hulle was so goed met Lisa en hulle doen dit elke dag vir duisende babatjies en het soveel ondervinding met hierdie ekstra klein en spesiale babas. Ek sal vir ewig dankbaar wees vir die ongelooflike susters en pediaters wat met Lisa gewerk het. Die bekende gesigte en warm harte het deel van my geword en ek het goeie vriendskappe gemaak.

Ons het selfs begin hou van die simpel gebreide pull-overtjies (wat lyk soos ‘n tea cosy) wat Lisa moes begin dra. Dit is om hulle gewoond te maak aan teksture op hulle baie sagte vel. Ek onthou hoe versigtig ons moes wees elke keer as ons haar nappy ruil. As daardie plakkertjie-dingetjie wat die nappy vasmaak aan haar vel raak, dan kom daar van haar velletjie saam met dit af. Super sensitiewe en dun velletjies. Ek onthou hoe vinnig haar naelstringetjie afgekom het, want die incubator is droog en warm. Ek het gewoond geraak aan my droë skurwe hande wat selfs klein skeurtjies ingekry het van al die was.

Maar ek het ook met elke dag wat ons daar was, meer selfvertroue gekry. Ek het Lisa sommer met so een-hand-twist-beweging uit die incubator getel en haar sonder enige vrees of moeilikheid opgetel en omgedraai. Ek het haar self gevoed (deur die tube) en het gemaklik met die toerusting begin raak. Ek het meer in beheer gevoel en het redelik gemaklik geraak met die prosedures van die NICU. Dit het amper (op ‘n baie weird manier) begin tuis voel. Soos my tweede huis.

Ek het van die begin af geweet ons sal weer een of ander tyd terug moet skuif na 2 Mil (die militêre hospitaal in Wynberg), maar ek het net nie geweet wanneer nie. Daar was sprake dat hulle haar sou skuif sodra sy 1kg is, want dan is 2 Mil bereid om die sorg oor te neem. Sy was die Donderdag 1kg en ons het saam met die personeel koek geëet. Niemand het my enigsins voorberei vir ‘n moontlike skuif nie.

Die Vrydag daarna was koud en nat. ‘n Regte wintersdag. Die wind het stormsterk gewaai en die pad was nat. Ek het soos normaalweg die dag by die NICU gaan deurbring. Tydens die middag rondtes kom die hoofpediater by die incubators om en die pediaters praat almal in mediese taal met mekaar. Die volgende oomblik kom die een dokter daaraan en sê dat hulle haar nou moet prep vir die ambulans.

Weereens (en ook nie die laaste keer nie) het daardie HUH?! gevoel by my opgekom. Ambulans? Vir wat? Hoe nou? Ry ek saam? Wat van my kar? Is 2 Mil gereed vir hierdie klein dingetjie? Hoekom op ‘n Vrydag? Kan ons nie maar wag tot die Maandag wanneer daar nie skeleton-staff in die hospitaal aan diens is nie? Dis nat en koud…en my hele hart voel ek wil skree: “NEE!”

Ek het net my man gaan bel om te sê dat ons geskuif word en binne die tyd wat ek weg was, het die ambulans alklaar opgedaag. Als was net te vinnig vir my. Ek wou vir almal totsiens sê en ordentlik afskeid neem, maar daar was nie tyd nie. Ek moes vinnig my goedjies bymekaar kry en kyk hoe my klein liefielyfie in ‘n “mobile” incubator gesit word. Die ambulansman het gesê ek moet met my eie kar ry en hulle by die hospitaal kry. En binne ‘n paar sekondes, sonder trane, sonder afskeid, sonder dink…is my Grootte Schuur dae verby.

In die kar het ek gedink aan alles wat ek nog vir die personeel wou sê. Maar dit was te laat. Ek het later besluit om maar vir hulle ‘n brief te skryf en ons gaan verseker kuier as Lisa ‘n jaar oud is. Dis snaaks hoe ek my laaste dag by GSH voorgestel het. Ek het gedink ek gaan meer emosioneel wees, maar daar was net doodeenvoudig nie tyd nie. Ek is in my kar en het so gou as wat ek kan na 2 Mil gery. My man het my daar ontmoet.

Daar gekom was ek skielik bang. ‘n Gevoel wat ek voor Lisa min gekry het…’n gevoel waaraan ek skielik, na Lisa se geboorte, so gewoond geraak het. Wat as hulle nie reg is vir haar nie? Wat as die ambulans in ‘n ongeluk is? En wat dit erger gemaak het, is dat die ambulans meer as ‘n uur gevat het om by die hospitaal te kom. Ek was so bekommerd dat iets met hulle gebeur het. Dis Vrydag middag verkeer en dit is nat en koud.

Ek was amper in trane toe die ambulans stop en hulle die ramp laat sak en vir klein Lisa daar uitrol. Ek onthou hoe verlig ek was en terselfdetyd hoe op my senuwees ek was vir wat nou op ons wag. Ons is tot by die Pediatervloer geneem en die suster aan diens was wonderlik. Sy het aan my verduidelik dat hier, by hierdie hospitaal, die mammas moet inbly saam met die babas. En dat hulle vanaand na haar sal kyk, maar dat ek die volgende dag moet inboek met als wat ek nodig sal hê, want die incubator is saam met die mamma (reg langs die bed) in die kamer.

Ek was nie seker hoe ek daaroor gevoel het nie. Aan die eenkant was dit great, want ek kon ‘n voltydse mamma wees…iets waarna ek teen die tyd al gesmag het. Maar aan die ander kant was dit iets vreemds. My arme man sal alleen by die huis moet klaarkom. En na my vorige hospitaal kuier, was ek nie seker wat om te verwag nie. Nadat Lisa ingesettle is, is ek en my man huistoe vir die laaste keer as net ek en hy.

17. Vet babas in Wimpy

11128_10154990117740179_2496186777752170661_n

Die week wat volg was nogals ‘n moeilike een. My pa moes terug gaan werk toe en ek moes self hospitaal toe ry. My sny was eina, maar ek kon darem die pedale trap sonder om te veel pyn te hê. Ek het elke dag hospitaal toe gegaan en nou bietjie langer gebly. Ek het die personeel in die NICU beter leer ken en aangesien ek Lisa nou kon Kangaroo, het ek soveel moontlik tyd daar spandeer.

Ek was nou al gewoond aan die roetine en het gevoel asof ek nou weer reg is vir die volgende terugslag. Ek het sterk gevoel en het dit selfs geniet om in die NICU te wees en met die susters te gesels en om almal se stories te hoor. Die Dinsdag het dinge begin sleg gaan. Dit het alles gebeur wanneer ek Lisa optel. Eerstens is dit nogal ‘n proses op sy eie…jy moet haar ontkoppel van die hittemonitor in die incubator, jy moet ‘n mussie vir haar aansit, jy moet ‘n kombersie reghê, jy moet die incubator op ‘n ander stelsel sit (deur die druk van so paar knoppies),  jy moet haar onder jou hemp indruk totdat sy rustig lê en dan ook op een of ander manier die incubator toemaak. Die susters wys jou net een keer en daarna moet jy als self doen.

Sodra ons net rustig raak, begin haar SATS monitor se alarms afgaan. Die SATS monitor meet die hoeveelheid suurstof wat deur die babatjie se liggaam beweeg. Dit is so monitortjie wat aan hulle voetjie gekoppel is met so rooi liggie. Normale mense se SATS moet tussen 95 en 100% wees. Prem babatjies se SATS is normaalweg enige iets tussen 80 en 90%. Indien dit onder 70% gaan, gaan daar ‘n alarm af. Enige iets onder 60% word as gevaarlik gesien. Die dokters het ook vir my verduidelik as hulle langer as 7 of 8 minute onder 60% bly, is die kanse dat hulle kan blind wees baie hoog.

Elke keer wat haar SATS alarm afgaan, kom kyk die suster of sy ok is. Indien sy ok is, los hulle haar nog so paar sekondes om te kyk of dit self stabiliseer en regkom. Indien dit nie regkom nie, moet jy haar so gou as moontlik terug in die incubator kry en dan draai hulle haar op haar maag en lig haar so bietjie op en dan kom dit weer gewoonlik weer reg.

Ek het dit gehaat! Ek wou haar so graag vashou want ek het geweet hoe belangrik daardie Skin-to-skin vir haar ontwikkeling en groei is. Maar terselfdetyd wil ek verseker nie hê sy moet ophou asem haal en blind wees nie. Dit was vir my bitter erg. Elke keer dan sê die suster dat ons haar vir ‘n paar minute moet los en dan oor so halfuur probeer ons weer. Net sodra ons weer probeer, gebeur dit maar net weer. Ek wou haar later nie meer optel nie.

Die susters het my heeltyd aangemoedig om aan te hou en elke keer weer te probeer, maar elke keer gebeur dit. Ek het later so gestres, dat ek bietjie om die hospitaal gaan stap het om vars lug en asem te skep. En ook om my mindset reg te kry, want ek wou nie hê sy moes my ongemaklikheid aanvoel nie. Teen namiddag het ek besluit genoeg is genoeg en ek is met trane in my oë al die pad huistoe. Dis snaaks hoe mens so kan veg teen huil. Ek onthou hoe ek omtrent nie die pad kon sien nie, want daar was soveel trane in my oë, maar ek het myself nie toegelaat om te huil nie.

Ek het besluit ek kort ‘n “pick me upper” en het by Wimpy (van alle plekke) gestop vir ‘n milkshake. Dit sal my verseker laat beter voel. Daar was min mense in Wimpy. En ek is vinnig gehelp. Binne sekondes het die 5 tafels rondom my volgeraak. En sowaar…4 van die 5 tafels was mammas met babas…Vet babas…babas met dubbelkenne en rimpels om hulle arms. Die een ma het ‘n bottel uitgehaal en het haar baba begin voer. Ek het gesien dat daar 180ml melk in die bottel was. En skielik, sonder enige regte rede…verloor ek dit.

Ek het R50 (veel meer as wat die milkshake… wat ek toe nog nie eers gedrink het nie…gekos het) op die tafel gelos en ek het kar toe gestorm. Ek het net betyds die deur toegemaak en toe tjank ek. Dit was verseker nie ‘n huil nie. Dit was dierlik en onbeheers. Hier sit ek…met ‘n baba wat 4ml elke twee ure drink…wat kleiner is as my warmwatersak…wat ek nie kan vashou sonder dat sy ophou asemhaal nie…en vir die eerste keer vandat Lisa gebore is, kry ek myself jammer.

Ek wil ook ‘n normale babatjie hê. Ek wil ook in Wimpy kan sit en my vet baba vir almal kan wys. Ek wil ook ‘n bottel melk vir haar kan gee. Ek wil ook saam met my vriendinne en hulle vet babas gaan koffie drink en lag en skinder en oo en aa. Ek wil ook net my babatjie kan vashou sonder om enige oomblik te dink sy gaan breek of blind raak of ophou asem haal.

Ek skrik groot toe die car guard aan my venster klop en vra of ek ok is. Ek knik en druk ‘n glimlag uit. Ek ruk myself reg en skakel die motor aan en ry huis toe. En op daardie oomblik voel ek beter en rustiger en minder kwaad. Partykeer moet ‘n mens dit maar ‘n bietjie verloor.

16. Onsuksesvolle poging om “normaal” te wees

the lordDis die eerste naweek wat ek en my man alleen is. Geen skoonouers en my pa is terug huis toe…net ons. My man was weer gesond en kon weer saam in die NICU ingaan. Ons is die saterdagoggend hospitaal toe om vir Lisa te kuier en het die middag rustig met die honde op die strand gaan stap. Ons het die aand ‘n vuurtjie aangesteek en ‘n lekker vleisie gebraai. Als het so “normaal” gevoel. So asof ons nie ‘n bitter klein babatjie in die NICU het nie.

Sondagoggend besluit my man om my bietjie te bederf met ontbyt in Kalkbaai. Ons het heerlik geëet by Die Annex en toe deur die boekwinkel gestap soos ou verliefdes. Skielik voel ek naar en duiselig. Ek gaan sit op die bank in die boekwinkel en sê vir manlief dat ek nie te lekker voel nie. Ek dog ek het dalk te vinnig opgestaan, maar ek sal verseker nou nou weer honkiedorie wees. Hy vra of ons moet ry en ek sê nee wat…hy kan maar bietjie rondkyk, ek sal nou beter voel.

Ek voel toe nie gou beter nie. Inteendeel, dit raak net erger. Ek voel hoe ek in ‘n koue sweet uitslaan en hoe ek gaan omkap. My man help my tot buite. Ons het gedink ek sal dit tot by die kar maak, maar ek kon nie verby die trappies by die ingang van die winkel kom nie…toe stort ek ineen. Ons het so paar minute net daar bly sit. Toe dink ons dadelik dis dalk my bloedsuiker en my man hol om ‘n koeldrank te kry. Mense staar na ons in die verbystap en almal vra of ek ok is. Ek is nie, maar ek sê ek is. Seker my Afrikaanse trots wat deurslaan. Ek het nog nooit so simpel en hulpeloos gevoel nie…so patetiese gevoel.

My man gaan haal die kar sodat ons kan hospitaal toe gaan. Weereens het daardie ou bekende “HUH?!” gevoel by my opgekom. Wat is nou weer met my fout? Kan dinge nie nou maar bietjie ophou nie. My man het my op die agtersitplek neergelê en daar gaan ons…ongevalle toe.

By die hospitaal aangekom, is my bloeddruk getoets. Dit was bitter laag en dit was hoekom ek amper uitgepass het. Eers sukkel ons met bitter hoë bloeddruk, nou is dit weer omkapbaar-laag. Hoe nou? Die dokters verduidelik toe vir my dat ek op ander medikasie moet gaan. Hulle het my op hoë bloeddruk medikasie gesit nadat Lisa gebore is omdat my bloeddruk nie gestabiliseer het nadat sy uitgehaal is nie. Hulle het gesê dis omdat my niere so erg beskadig was met die pre-eklampsië. Ek moes die pille nou net verminder en dan sal dit glo beter gaan.

Ek het elke oggend en aand my bloeddruk gemeet met die masjientjie wat my pa gekoop het. Dit was skrikwekkend hoe dit verskil het. Soms was dit hoog, soms perfek en soms bitter laag. Ek het gewonder of dit ooit sal regkom. Of ek ooit weer net my ou Charmé sal wees. Of ek ooit weer sal kan bloedskenk. Of ek vir die res van my lewe op pille gaan moet wees. Of dinge ooit weer net “normaal” gaan wees.

Ek onthou hoe ek gebid het en gevra het vir ‘n antwoord. En ek was nie gereed vir hoe vinnig die Here my sou antwoord nie. Maandagoggend kry ek ‘n watsapp van ‘n spesiale vriendin. Dit is net ‘n foto met die woorde “The Lord will fight for you, you need only be still.”. Daardie middag kry ek ‘n boodskap van ‘n tannie wat vir ons gebid het wat sê sy het ‘n bybelversie vir my: Eksodus 14v14. Ek het dadelik gedink Eksodus? Wie stuur ‘n bybelversie uit Eksodus? Nie Psalms of Effesiers nie, maar Eksodus. Ek het dit gaan opsoek en sowaar: Dieselfde woorde wat ek daardie oggend gekry het: Die Here sal vir julle stry en julle moet stil wees. En daar was my antwoord. Vandag is my bloeddruk weer perfek, sonder pille. Heeltemal “normaal”.

15. En uiteindelik…ek kan haar vashou!

10453472_10154376219865179_7613773521364661476_nDie Vrydag, 1 dag en 1 week nadat Lisa gebore is, kon ek haar vir die eerste keer vashou. Vir ander mammas is die oomblik waar jy jou babatjie op jou bors voel (gewoonlik sekondes na geboorte) ‘n ongelooflike oomblik waar julle onmiddellik ‘n band vorm en dit stel hormone vry wat help met allerhande lekker dinge. Vir my, was daardie oomblik bietjie anders.

My man was nogsteeds siek so ons het sy tannie gevra om saam met my hospitaal toe te gaan. Ons het gejok en gesê sy is my skoonma (skoonma bly in Montagu en kan nie so gereeld kom nie. Die tannie was so betrokke van die begin af (dit was sy wat op D-dag kom kuier het tydens besoektyd) en sy wou so graag vir Lisa sien, maar net oumas en oupas was toegelaat. Soos meeste goed in die hospitaal, is ons nie voor die tyd voorberei dat ek haar juis op hierdie spesifieke dag sou mag vashou nie. Ons het dus net gaan kuier.

Weereens is sy geskuif (sonder dat ons daarvan weet) na ‘n kamer nog nader aan die deur. Nou was sy glad nie meer in die NICU kamers nie, maar slegs in High Risk. Dit het beteken sy doen baie goed en is heeltemal stabiel, maar sy is nog net baie klein en moet net groei. Sy was steeds onder die blou ligte vir die geelsug, maar dit was ook onder beheer. Ons het ‘n bietjie daar rondgehang en ek het vir die tannie verduidelik hoe alles werk. Ek onthou hoe geskok haar gesig gelyk het en hoe sy gesê het dat die foto’s nie enigsins “justice” doen aan hoe klein sy is nie.

Die volgende oomblik kom ‘n verpleegster in en vra of ek haar wil vashou. Van dag een af is dit al iets waaroor ek gedroom het, iets waarna ek so uitgesien het. Ek wou dadelik JA sê, maar was so skrikkerig. Hierdie klein breekbare lyfie met al die drade. Ek kon nie indink hoe ek haar juis gaan ‘vashou’ nie…waar vat ek? Hoe tel ek haar op?

Die suster het vir my verduidelik om my bra uit te trek sodat sy direk op my vel kan wees (van toe af gaan ek sommer elke dag sonder ‘n bra in…net vir ingeval). Sy het ‘n paar knoppies op die incubator gedruk en die deurtjie oopgemaak en woeps waps tel sy haar met een hand op en druk haar onder my hemp in totdat sy tussen my borste op my bors lê. Ek onthou hoe ek probeer kyk en notas vat van hoe sy dit doen, maar dit was so vinnig dat ek als vergeet het.

Dit was die onaardste gevoel. Sy het so bietjie gewriemel en toe rustig geraak. Ek kon hoor hoe haar hartjie vinnig klop en hoe sy asem haal. Sy het haar baie klein handjie opwaarts uitgestrek en haar vingertjies het die hele tyd my lyf gekielie. Haar warm lyfie het gevoel soos ‘n klein hasie wat ek vashou. Haar ogies was toegeplak vir die geelsug. Haar beentjies het in die gleuf onder my borste ingeglip en haar lyfie het net mooi tussen my borste ingepas.

Ek het vir ‘n hele tydjie net gesit, sonder om te praat of te dink of te droom…net gesit. Ek wou heeldag so sit. Maar ‘n paar minute later kom die verpleegster en sit haar weer terug. Sy mag nie vir meer as 10 minute op ‘n slag uit die incubator wees nie, want sy moet onder die ligte bly vir die geelsug. Net so vinnig soos sy uitgehaal is, is sy weer terug gesit.

Ek het soos ‘n nuwe mens gevoel toe ek daar uitstap. Ek kon nie ophou glimlag nie. My arme man het die groot oomblik gemis. Hy kon eers omtrent ‘n week later dieselfde oomblik beleef, toe hy haar mag vashou. Hulle maak haar stelselmatig gewoond aan kieme. So eers mag net die ma Kangaroo Care doen, en dan na so week, mag die pa, en so aan. Toe dit wel gebeur, was hy die trotste pa in die wêreld. 10454536_10154425623625179_5991667548968130305_n

14. Alles in die lewe is relatief

T330_53759_babies_copy

Terwyl ons in die hospitaal was, het ons besef dat ons mal gaan raak as ons nie iets positiefs gaan doen nie. Almal was heeltyd negatief. As mens vir die dokters vra of Lisa goed doen was hulle antwoord altyd dieselfde: “Sy doen vandag goed, maar vat elke dag op sy eie meriete. More kan sy heeltemal anders wees.” Dit was altyd so negatief en het my altyd laat voel asof haar gesondheid enige oomblik gaan draai. Ek verstaan seker hoekom hulle dit sê, want as iets verkeerd gaan en hulle het gesê sy doen great, is dit seker maar moeilik.

Ek en my man het besluit om al die klein dingetjies te vier. Ons het koek gekoop toe sy 1 week oud is. Toe sy 1 kilogram haal het ons vir die NICU personeel doughnuts gevat. Toe sy 2 weke oud was het ons koekies gebak. En ek dink dit het baie gehelp om ons normaal te laat voel. Dit het mens meer positief gemaak en dit het ons laat uitsien na elke mylpaal.

Tydens my tydjie in die NICU het ek baie dinge ervaar. Ek onthou hoe ek ‘n week na Lisa se geboorte in die hospitaalgang vasgeloop het in my kamermaatjie (die een wat heeltyd gospel musiek geluister het). Ons het mekaar ‘n lekker lang stywe drukkie gegee en toe ek haar vra of haar babatjie gebore is, het haar antwoord my bietjie laat dink. Sy het gesê: “Ja, maar hy is vreeslik klein.” Toe ek vra hoe klein, sê sy: “2.1kg”. Ek wou begin lag, want 2.1kg klink vir my na ‘n huge baba! Maar ek het nie. Ek het saamgesels oor hoe klein hy is en ons het gegroet en verder gegaan. Ek het haar nie weer gesien nie, want hulle (albei ma en baba) is ontslaan.

Daardie naweek is my beste vriendin se baba dogtertjie ook gebore. Ek was so bly vir haar en was so opgewonde dat ons twee se dogtertjies (wat 3 maande uitmekaar gebore moes word, toe net ‘n week uitmekaar gekom het). Sy was 2.5kg en almal het op haar Facebook status gecomment oor hoe klein sy is. Weer het ek gedink “klein?”. Ek het al soveel keer by verskillende mense gehoor hoe klein Lisa was. Maar terwyl ons in die NICU was, het ek ‘n kleiner babatjie as sy gesien. Die kleinste enetjie daar was 625g. Veel kleiner as Lisa.

Dit het my laat besef hoe alles in die lewe in perspektief gesien moet word. Ek het gesukkel om na mense se 2kg (selfs 1.5kg) babas te kyk en te dink aan hulle as klein. Ek en my man lag gereeld saggies as ons hoor hoe nuwe ouers praat van hoe klein hulle 3kg babatjie vir hulle voel. En dit is seker ook OK, maar as mens mooi daaroor dink, was hulle seker klein. Want klein is ‘n relatiewe term. Elke liewe mens se storie is anders en almal se babatjies is spesiaal. Of hulle nou 600g of 4.5kg weeg.

13. Home Affairs en siek wees

untitledNormale babatjies word geregistreer by die Departement van Binnelandse Sake en kry so hulle geboorte sertifikate. Prem babatjies het die voorreg om nie al die pad na die kantoor toe te gaan nie, want dis nie fisies moontlik nie. Great, het ek gedink. Minder hassle en die official kom na jou toe in die NICU.

Ek het nog nooit so gesukkel om iemand in die hande te kry nie. Die vrou van Home Affairs is veronderstel om een keer ‘n dag by die NICU om te kom en babas wat in incubators lê te registreer. Die res van die tyd het sy ‘n kantoor in die hoofgebou van die hospitaal langs ontvangs waar sy haar admin moet doen. Dit het vir my redelik eenvoudig geklink. As ek nie by die incubator is wanneer sy haar rondtes doen nie, moet ek net eenvoudig ‘n draai by haar kantoor gaan maak…reg? Nee…toe nie so maklik nie.

Dit het my meer as ‘n week gevat om haar in die hande te kry. Die nommer wat hulle my gee om te bel om te hoor of sy by die hospitaal is, is verkeerd. Die nuwe nommer wat ek toe kry, gaan na iemand wat nie meer daar werk nie. Die ontvangs sê net elke dag hulle het haar nog nie die dag gesien nie. Die Binnelandse Sake kantoor sê sy is definitief by die hospitaal. Ek het elke dag rondgehol om haar in die hande te probeer kry, met geen resultate. My pa was by my en ons twee het maar elke dag met nuwe hoop gaan soek en maar saam vir die situasie gelag. Uiteindelik het sy een dag non-chalant by die NICU ingeloop en gesê: “Where is baby Kriel? I hear I am needed.” Ek het net gedink…Seriously?!. Maar ter selfde tyd was ek bitter dankbaar dat ek haar gekry het of liewer dat sy my gekry het, want binne ‘n dag het ek Lisa se geboortesertifikaat gekry.

Die einde van die eerste week was vir my man baie moeilik. Hy het verkoue gekry en mag nie saam hospitaal toe gegaan het nie. Mens mag glad nie ingaan as jy enigsins siek is nie, want die babas se immuunstelsels is so laag. Dit het vreeslik aan hom geëet om vir 3 dae nie sy dogtertjie te kon sien nie. Hy het my omtrent uitgevra oor haar gewig en haar toetse en al wat ‘n ding. Ek was weer bang dat hy my aansteek, want dan is ons bietjie geskroef.

Die naweek het aangebreek en oumas en oupas het weer kom kuier. Dit was ongelooflik hoe hulle die verandering en groei binne ‘n week kon sien. Lisa was net vir 2 dae op CPAP (die suurstof masjien) [amazing as ek nou sien hoeveel babatjies wat op 28 weke gebore is selfs huistoe gaan met suurstof] en behalwe vir die geelsug, het sy bitter goed gedoen. Na die eerste afval na 740g het sy elke dag omtrent 5-10g opgetel.

Hulle trek elke dag bloed en die arme dingetjie se voetjie is vol gaatjies gesteek. Dit is al wanneer mens haar rerig hoor huil het. So histeriese geskree (klink amper soos ‘n muis wat seerkry…nie dat ek rerig weet hoe dit klink nie…maar anyway…so iets). Ek het nou die dag, toe ek haar skoentjies aantrek, gesien dat al die bloedtrek klein letseltekentjies op haar hakke gelos het. Wonder of dit vir altyd daar gaan bly en of dit ook met tyd saam met die herinneringe gaan verdwyn.

12. Kaal babatjie, Blou ligte, Toegemaakte ogies…Geelsug!

10806378_10154990117985179_7081866913763812285_nNa ‘n heerlike aand by die huis en ‘n nag van min slaap (ek moes elke 2 ure wakker word om melk te pomp… dit vat so 20 minute en dan nog tyd vir steriliseer ook) het my eerste “besoekers”-tog hospitaal toe begin.

My skoonouers is huis toe en my man moes weer by die werk wees. My pa het sy pos as bestuurder en hospitaal-maaitjie kom inneem. Ons het die tog hospitaal toe begin. ‘n Roete wat toe nog redelik vreemd vir my was, maar waaraan ek binne die 3 weke in Grootte Schuur gou gewoond geraak het. As jy buite verkeertyd ry, vat dit 40 minute. Die parkering is ‘n groot probleem. Ons het later agtergekom dat die parkering wat die naaste en goedkoopste was, bo die hospitaal op so oop stuk grond was. Dit kos R10 ‘n dag. Dit is gelukkig afdraend stap na die hospitaal toe…middae was moeiliker en met my keisersnee-eina het dit my bietjie stadiger as gewoonlik geneem. Ek was lekker uitasem teen die tyd wat ek die steil bult uitgeklim het.

Die sekuriteit is streng en ons moes elke dag by die hoofingang inteken en het ‘n plakkertjie wat NICU sê gedra. Ek het my twee bottels melk in ‘n Coolerbag gepak gehad en het ander mammas wat deur dieselfde as jy gaan vinnig raakgesien deur die Coolerbaggies of bottels melk wat hulle ook saamdra. Wanneer mens se oë ontmoet, kyk mens na mekaar met meegevoel en ‘n “I get you” glimlag. Sonder om iets te sê, is daar ‘n band. Ongelooflik hoe sulke krisistye mense uit verskillende wêrelde bymekaar bring.

By die deur ingestap is Lisa geskuif na ‘n toe-incubator. Dit is nou die normale incubators wat almal ken. Voorheen was sy op ‘n oop incubator wat maar net soos ‘n tafel lyk. Dit is nogal ‘n skok as jy verby die glasvenster van die vertrek stap en daar lê ‘n oop tafel waar jou babatjie die aand voor die tyd gelê het. Mens kry so koue gevoel oor jou. Daar is vir my verduidelik dat dit ‘n goeie ding is en dat dit beteken sy doen goed. Met die incubator word sy toe ook geskuif van NICU 1 na NICU 2. Dit is die vertrek reg oorkant NICU 1. Daar is ook vir my verduidelik dat hulle jou elke keer nader aan die deur skuif en dat elke kamer nader aan die deur, ‘n bietjie nader is aan huis toe gaan. Ek kon nie wag vir daardie dag nie en was effens jaloers op die ma’s met aansienlike groter babas wat reeds in die kamer by die deur was.

Toe ons by Lisatjie kom (dit was redelik maklik om haar tussen die klomp incubators raak te sien, want sy was die enigste wit babatjie daar), was sy kaal sonder ‘n nappy en haar ogies was toegeplak. Ek het geskrik en was dadelik bekommerd (al was ek in elk geval die hele tyd bekommerd). Hulle het kom verduidelik dat sy geelsug het en dat dit omtrent met alle prem babatjies gebeur. Sy moet onder die blou ligte bly totdat haar tellings weer normaal is. Dit was gerustellend om te weet dat dit heel normaal is, maar dit was steeds vir my bitter erg om haar so te sien lê.

Dit was egter ook ‘n dag van vele eerstes. Ek is vir die eerste keer gewys hoe om haar melk vir haar te gee. Dit was nogals scary. Hulle bring vir jou die regte hoeveelheid melk in ‘n spuitnaald. Jy moet eers een of ander vitamien aanvulling in ‘n koppie by die melk meng, dan trek jy weer die melk met die spuitnaald op. Daar is ‘n buisie (tube) wat deur haar mond na haar maag gaan. Mens konnekteer dan die spuitnaald (sonder die drukker gedeelte) aan die buisie en hou dit in die lig op sodat die melk (3ml) stadig in die buisie tot by haar maag kan loop. Dit het my laat terugdink aan Mnr. Mostert se Skeinat eksperimente en dit het my hartseer gemaak dat ek hier by my klein babatjie staan en haar met ‘n wetenskap eksperiment vergelyk.

Dit was ook vir my erg om te sien hoe min ma’s daar was. Ek wou soveel moontlik tyd daar  spandeer. Daar is baie incubators en min spasie om rond te staan. Die vertrek waar ek was, het 13 incubators gehad met slegs 2 stoele. So dit was moeilik, want mens het die heeltyd in die pad gevoel. Ek moes elke 2 ure pomp en het dit moeilik gevind, want daar was nie plek nie. Ek het die eerste week maar min daar gebly. Ons het een keer deur die dag gegaan en melk gevat (gewoontlik die oggend) en dan het ons winkel toe gegaan om goed te koop (goed soos maternity pads, breast pads en prem nappies). Ek het nog vreeslik gesukkel met my bloeddruk en my pa het aangedring om vir ons ‘n bloeddruk masjientjie te koop wat ons by die huis kan gebruik.

Saans, sodra my man by die huis kom, het ons twee weer gery sodat hy haar ook kan sien. Hy was baie meer ontspanne as ek in die NICU. Ek was skrikkerig om te vat of te vra, maar hy het net met selfvertroue dinge gedoen en gevra. Hy was my rots…rêrig. Ek was so trots op hom en ek het hom so jammer gekry. Hy moes die sterk een wees en my ondersteun, maar hy self moes ook ondersteuning kry en ek was nie in staat om dit vir hom te gee nie. Hy is ‘n ongelooflike pa en het dit toe vir die eerste keer vir my gewys. Hy het die chart met al haar statistieke aan my verduidelik en ons het na die ander babatjies se geboortedatums en gewiggies gekyk. So het ons babas gekry met wie ons Lisa kon vergelyk.

En elke aand het ons uitgestap met ‘n hoopvolle hart en ons trouringe weer aangesit (jy mag nie met juwele in die incubator werk nie). En dit was asof ons elke aand weer aan mekaar beloftes maak, maar die keer ook aan klein Lisa.

Ons het wonderlike vriende en familie en dit was so spesiaal toe vele vriende ons vrieskas vol kos kom pak het. Dit was so gerustellend om te weet dat daar altyd kos by die huis is om vinnig gaar te maak as ons moeg en laat by die huis aankom. Die Here het so mooi na ons gekyk deur hierdie tyd en ons opnuut laat besef  hoeveel ons het om voor dankbaar te wees.10438636_10154370136510179_5480749855529537531_n

11. Huiswaarts

10504768_551016485010452_7331068765487810502_oBabatjies val almal eers bietjie gewig af as hulle gebore word. Dit is harde werk om self asem te haal en self als te doen. Lisa het dus ook maar afgeval. Die enigste probleem is, dat sy alklaar so min geweeg het. Dit maak enige gram wat sy verloor nogal erg. Ek is die Sondag ontslaan en Lisa het 740g geweeg.

Die idee van HUIS het my vreeslike ‘mixed emotions’ gegee. Aan die een kant was ek so opgewonde, want ek kon stort. En my hare was. En ek kon huiskos eet. En my honde en kat sien. En normaal met my man gesels…terwyl ons tee drink of op die stoep sit. Aan die anderkant moes ek ‘n klein stukkie van my hart in die hospitaal los. Ek wou rêrig graag huistoe gaan, maar ek wou nie vir Lisa daar los nie.

My man het my kom haal en ons het vir Lisa gaan tata sê. Die NICU personeel het aan my verduidelik hoe dinge nou gaan werk. Ek moet elke dag melk bring in ‘n gesteriliseerde glasbottel wat die hospitaal vir jou gee. Dan moet ek soveel moontlik tyd langs die incubator spandeer, want sodra Lisa gereed is (dit kan enige dag wees), kan ons begin Kangaroo Care. Dit is waar jy haar op jou bors tussen jou borste plaas (skin to skin), want dit help met die band tussen ma en baba, maar dit stimuleer ook op een of ander chemiese manier dat die babatjie veiliger voel en dus ook vinniger groei.

Ek onthou hoe ek gewonder het hoe ek gaan bestuur. Want mens mag mos nie met ‘n keiser bestuur nie en ons bly in Simonstad en dit is nogal ‘n entjie se ry hospitaal toe. Gelukkig het my pa klaar gereël dat hy vir ‘n week by sy werk afvat om my te kom  help by die huis en om my rond te ry… Nog ‘n engelmens.

Ek en my man het nie ‘n woord gesê toe ons in die kar klim nie. Die stilte in die kar was aaklig. My man het ‘n groot boks smarties en twee Steri Stumpies (‘n pienke vir my en ‘n caramel een vir hom) uitgehaal. Ons het met trane in ons oë vir mekaar geglimlag en die pad huiswaarts aangepak.

By die huis gekom, het my skoonouers vir ons regte huiskos gemaak. Hoender, rys, groente en ‘n poeding. Dit was hemels en ek het vir ‘n oomblik gevoel asof die afgelope week ‘n nagmerrie was. Dit het gevoel asof Lisa nog in my maag is en dat als nog perfek verloop.

My selfoon se alarm het my skielik uit hierdie fantasie geruk toe dit afgaan om aan te dui dat dit tyd is om melk te pomp. ‘n Goeie vriendin het intussen vir ons ‘n Medela Swing borspomp kom aflaai en die dae van met die hand express was vir eers iets van die verlede…nog ‘n engelmens.

Ek het daarna in die stort geklim en vir omtrent ‘n halfuur daar gestaan. En saam met die vuil, het ek my hart ook gewas. En die trane het saam met die water in die drein afgeloop.